# started 2014-09-02T08:16:04Z "Die Bybel is die \"heilige boek\" van die Christene. Die woord 'Bybel' stam van die Griekse woord βιβλια biblia (boeke), wat 'n meervoud is van βιβλιον biblion (wat oorspronklik papirus beteken en later gebruik is as aanduiding van papier, geskrif, boek(rol)). Die Bybel bevat drie verskillende versamelings boeke: Die Ou Testament, ook die Hebreeuse Bybel genoem. Dit is geskryf gedurende die eeue heen en dit bestaan oorspronklik vir die grootste deel in Hebreeus met enkele Aramese paragrawe."@af . "Alice is 'n dorp in die Oos-Kaap, 120 km wes van Oos-Londen, waar die Universiteit van Fort Hare geleë is."@af . "Botswana, amptelik Die Republiek van Botswana (Tswana: Lefatshe la Botswana) is ’n land in suider Afrika. Die land was voorheen die Britse protektoraat Betsjoeanaland binne die Volkebond. Met onafhanklikheid op 30 September 1966 verander die land se naam na Botswana. Dit word begrens deur Suid-Afrika in die suide, Namibië in die weste en noord, Zambië in die noordooste, en Zimbabwe in die ooste."@af . "Breyten Breytenbach (16 September 1939, Bonnievale) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en kunstenaar met Franse burgerskap."@af . "Die Boeddhisme is 'n Dharmiese geloof wat gestig is deur Siddhartha Gautama, beter bekend as die Boeddha.Die Boeddhisme ontken die bestaan van beide die siel oftewel Self, en van 'n persoonlike God. Dit erken wel dat daar wesens bestaan wat langer lewe en magtiger is as die mens, maar glo dat alles verganklik is, selfs die gode."@af . "Australasië is die gebied rondom Australië, Nieu-Seeland, Nieu-Guinea, die daaromliggende eilande van Melanesië en ook 'n deel van Indonesië. Die begrip is afkomstig van Charles de Brosses, wat dit in 1756 gebruik het om die gebied af te grens van Polinesië en Magellanica (die suidoostelike deel van die Stille Oseaan)."@af . "Afrika is die wêreld se tweede grootste kontinent (na Asië) in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 221 532 km² wat 20,3% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 1 miljard mense - ongeveer 'n sewende van die wêreldbevolking."@af . "Die Apostoliese Geloof Sending (A.G.S.) is een van die vele kerke in die Pinksterbediening. Die A.G.S. het ontstaan uit die Azusastraat herlewing van 1905 in die Verenigde State, onder die naam Apostolic Faith Mission (A.F.M.). Hulle glo eerstens in die Bybel en dat alles wat daarin staan waar is; dat mens ná bekering na Christendom gedoop word deur middel van totale onderdompeling en daarna in tale kan begin praat wanneer hulle met die Heilige Gees gedoop word."@af . "Die Balto-Slawiese taalgroep vorm deel van die Indo-Europese taalfamilie en voeg die Baltiese tale en Slawiese tale saam op die grond van 'n veronderstelde verwantskap wat spruit uit of reflekteer word in die geografiese nabyheid waarin hierdie tale fungeer. Die Baltiese en Slawiese tale is argaïes en daar word geglo dat tale in dié groepe nader is aan proto-Indo-Europees as enige ander lewende tale. Daar is linguistici wat dié samevoeging van die Baltiese en Slawiese tale in een groep betwis."@af . "Hier volg 'n lys van bekende Afrikaanse digters:A - B - C - D - E - F - G - H - I - J - K - L - M - N - O - P - Q - R - S - T - U - V - W - X - Y - Z - Sien ook"@af . "Die Benue-Kongo-taalgroep is die grootste taalgroep in die Niger-Kongo-taalfamilie.Enkele van die grootste tale in die groep word hieronder genoem."@af . "Christene glo in die drie-enige God - Vader, Seun en Heilige Gees - Skepper van die hemel en die aarde en die Onderhouer van alle dinge. Hulle glo dat Jesus Christus, die Seun, sowat 2000 jaar gelede aan die kruis gesterf het om die sondige mens van sy sondes te verlos, opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel en op 'n dag sal terugkeer om die mensheid te oordeel.Christene beskou die Bybel as die onfeilbare Woord van God."@af . "Die Christendom is 'n religie wat bely dat Jesus Christus die Seun van God is en verlossing verkondig aan die volgelinge van hierdie geloof, wat as Christene bekend staan. 'n Belangrike onderdeel van die verlossing is die idee van versoening wat deur Jesus Christus bewerk is tussen God en mens en dit illustreer een van die kern karaktereienskappe van God, naamlik sy genade. Christene glo dat die toestand van die wêreld duidelik wys dat daar 'n skeiding tussen God en sy skepping bestaan."@af . "Bhisho (Xhosa: \"buffel\", voorheen Bisho) is 'n dorp in Suid-Afrika, en die hoofstad van die Oos-Kaap. Bhisho lê naby die groot hawestad Oos-Londen, lê aangrensend aan die dorp King William's Town en val in die Buffalo City Metro. Die provinsiale wetgewer en byna alle staatsdepartemente se provinsiale hoofkantore is in die dorp gevestig."@af . "Argitektuur is die kuns en wetenskap om bou-bedrywe te ontwerp, insluitende stede, geboue, binne-huis, landskappe, meubels, voorwerpe, ens. Volgens die eerste oorlewende werke van die onderwerp, word daar van drie grondbeginsels gepraat: skoonheid, vastigheid en bruikbaarheid. Van argitektuur kan gepraat word as die balans en koördinasie van hierdie drie elemente, waarvan geen een die ander oorheers nie."@af . "Biologie is die wetenskap van lewe. Dit is gemoeid met die eienskappe en gedrag van organismes, hoe spesies en individue ontstaan en die interaksies wat hulle met mekaar en hulle omgewing het."@af . "Bloemfontein is die hoofstad van die Suid-Afrikaanse provinsie Vrystaat en die sesde grootste stad van Suid-Afrika, met 'n oppervlakte van 236 vierkante kilometer en volgens die 2011-sensus 256 185 inwoners. Dit is sedert die jaar 1910 ook sy regterlike hoofstad. Bloemfontein lê in hart van die Vrystaat se sentrale plato en is een van die min stede met 'n wildtuin in sy sentrum. Die naam van die stad verwys al na 'n fontein met blomme - oorspronklik 'n waterplek van die Boesmans."@af . "Algebra is die afdeling van wiskunde waar simbole gebruik word om strukture te beskryf en die verhoudings daartussen aan te dui. Klassieke algebra het uit die algemene metode van die oplos van vergelykings gekom. Hierin kom getalle en simbole voor wat bewerk word met maal, deel, optel en aftrek, sowel as ander bewerkings soos magte en magswortels. Die Noorse wiskundige Niels Henrik Abel bewys egter in 1824 dat polinome met graad vyf of hoër nie deur eksplisiete formules opgelos kan word nie."@af . "Asië is die wêreld se grootste kontinent in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 44 579 000 km² wat 33% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 4 miljard mense - ongeveer 60% van die wêreldbevolking."@af . "Die Baltiese tale is 'n subgroep van die Indo-Europese taalfamilie wat deur Baltiese volke in Noordoos-Europa gepraat word."@af . "Die beeldende kunste is vorms van kunssinnige uitdrukking waarin die klem val op die skep van 'n artifak in twee of drie dimensies.TekenkunsSkilderkunsBeeldhouwerkGemengde mediaBeeldende kuns (ook genoem visuele kuns) behels enige sigbare kuns, maar sluit uitvoerende kunste uit."@af . "Chili (Spaans: Chile), amptelik die Republiek van Chili (República de Chile, ), is ’n land aan die suidweskus van Suid-Amerika wat in noord-suidelike rigting oor ’n afstand van sowat 4 300 kilometer strek, terwyl dit op sy breedste in oos-westelike rigting maksimaal 400 kilometer van die weskus tot by die grens met Argentinië strek."@af . "Antofagasta is die grootste stad van die Norte Grande-streek van Chili en hoofstad van die gelyknamige provinsie met 404 654 inwoners (2012). Die stad is in 1870 gestig en in 1883 van Bolivië afgestaan.Die stad is geleë aan die Stille Oseaan en is die hawe-afsetpunt vir die kopermyne van La Escondida en Chuquicamata - laasgenoemde is die grootste oppervlakmyn in die wêreld."@af . "Durban (Zoeloe: eThekwini [ˈɛːʔtʰɛˌkwinĭ], vroeër Port Natal) is 'n stad in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika met ongeveer 4 miljoen inwoners uit 'n diverse groep kulture. Dit is 'n gewilde vakansiebestemming weens goeie weer en die warm Mosambiekse seestroom. Suid-Afrika se besigste hawe is by Durban wat een van die wêreld se diepste natuurlike hawens is."@af . "C. Louis Leipoldt (28 Desember, 1880 — 12 April, 1947) was 'n bekende, vroeë Afrikaanse digter, geneesheer, plantkundige en joernalis. Hy wen die Hertzogprys in 1935 (saam met W.E.G. Louw en Totius)."@af . "Engeland (Engels: England) is die geskiedkundige en bevolkingsryke land op die eiland Groot-Brittanje, tans deel van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland, ten suide van Skotland. Aan die weste van Engeland is Wallis.Een van die bekendste konings van hierdie land is Hendrik I en een van die bekendste koninginne is Elisabeth I van Engeland."@af . "Die Stem van Suid-Afrika, ook bekend as Die Stem was vanaf 1957 tot 1994 die nasionale volkslied van Suid-Afrika. Vanaf 1994 tot 1997 is dit as een van twee volksliedere erken. Dit was ook die volkslied van Suidwes-Afrika onder Suid-Afrikaanse mandaat tot hulle onafhanklikheidswording in 1990, waarna Namibië, Land van die Dapper in 1991 as die volkslied aangeneem is.Die Stem is in 1918 deur C.J. Langenhoven geskryf, en getoonset in 1921 deur ds. M.L."@af . "Bevolking: 51 770 560 (2011-sensus)Ouderdomstruktuur: (2001)0-14 jaar: 32.1% (manlik 7,17 miljoen/vroulik 7,21 miljoen)15-64 jaar: 63% (manlik 13,49 miljoen/vroulik 14,74 miljoen)65 jaar en oor: 4.9% (manlik 0,8 miljoen/vroulik 1,39 miljoen)Bevolkingsgroeikoers::1.06% (2006.)Geboortesyfer:17.94 geboortes/1,000 bevolking (2007)20.63 geboortes/1,000 bevolking (2001)Sterftesyfer:12.6 sterftes/1,000 bevolking (2006)Sterftes567,488 (2004)599,000 (2006)Swerfsyfer:-0.16 migrant(s)/1,000 bevolking (2006)-1.56 migrant(s)/1,000 bevolking (2002)Geslagverhouding:geboortenes: 1.02 manlik/vroulikonder 15 jaar: 1.01 manlik/vroulik15-64 jaar: 0.95 manlik/vroulik65 jaar en oor: 0.63 manlik/vrouliktotaale bevolking: 0.95 manlik/vroulik (2006)Kindersterftesyfer:totaal: 42.5 sterftes/1,000 geboortes manlik: 47.4 sterftes/1,000 geboortesvroulik: 37.4 sterftes/1,000 geboortes (2003)Lewensverwagting deur geboorte:totale bevolking: 50.7 jaar manlik: 49.0 jaarvroulik: 52.5 jaar (2006)Vrugbaarheidsyfer:2.33 kinders/vrou (2010)2.7 kinders/vrou (2006)2.9 kinders/vrou (2001)MIV/VIGS:Prevalence rate among those aged 2 jaar and older: 10.8% (2005)mense met MIV/VIGS: 5,2 miljoen (2006 est.)VIGS sterftes: 336,000 (2006 MRC beraming)VIGS sterftes: 345,640 (ASSA2003 beraming vir 2006)Nasionaliteit:selfstandige naamwoord: Suid-Afrikaanse(s)byvoeglike naamwoord Suid-AfrikaanseEtniese groepe:swart 79.5%, wit 9.2%, kleurling 8.9%, Indiër 2.5% (2006)Gelowe:sien: Zion Christelikes 11.1%, Charismatiese 8.2%, Rooms-Katolieke 7.1%, Metodiste 6.8%, Nederduits Gereformeerdes 6.7%, Anglikaanse 3.8%, ander Christelike 36%, Islamiete 1.5%, Hindoes 1.2%, Jode 0.3%, ander 2%, gespesifiseerde 1.4%, geen 14.9% (2001 sensus). "@af . "Elektroniese ingenieurswese behels die beheer en verwerking van elektrisiteit, as inligting in elektroniese vorm, of tydens die beheer en opwekking van meganiese, magnetiese of ander vorms van energie.Die studie van die oordrag van elektriese krag of drywing val gewoonlik onder Elektriese ingenieurswese, te wete die studie van swaarder strome, hoogspanning, elektriese motors, transformators, opwekkers, en transmissielyne.Elektroniese ingenieurswese het te doen met die verwerking van elektriese seine deur digitale of analoog metodes, en die aanwending daarvan in beheer- of metingsbane.Dit sluit in: telekommunikasie en seinverwerking akoestiek (klankstelsels)